Monday, September 14, 2009

Die Danseres van Verwoesting (Vervolg)



Jammer dat dit so bietjie lank gevat het, maar hier is die vervolg van "Die Danseres van Verwoesting"...
Die atoombom Little boy tree op 6 Augustus 1945 op op die verhoog Hiroshima, maar die klavier speel vandag nog...! Dis 'n ware verhaal. Hierdie klavier het bly staan deur die ontploffing. Die klavier is so erg deur die ontploffing geraak dat glastukke in die hout ingegraveer is, maar die klavier speel vandag nog. Hierdie klavier word by die herdenkinge van Hiroshima en 9/11 gespeel en het die simbool van hoop en vrede in die wêreld geword. Ek en jy word beleef ook atoombomervarings in ons lewens. Daar gebeur dinge met ons wat ons tot in ons diepste wese skud en wat dit laat voel asof alles tot niet en vernietig is.
Dit is belangrik vir jou en my om iets te hê waaraan ons kan vashou wanneer so 'n atoombom ons lewens tref. Iets moet, soos die klavier, in ons lewens bly staan na die ontploffing. Iets moet ons simbool van hoop en vrede word. Wat ookal dit is, ons moet sorg dat dit wat ons laat staande bly, in God gegrond is. Dat ons klavier/simbool van hoop en vrede iets is wat deur God gemotiveer word.
So, wat is jou klavier wat staande bly deur die atoombomervarings van die lewe???

Wednesday, August 19, 2009

Die danseres van verwoesting!

Die atoombom is iets wat my nog altyd gefasineer het. Hierdie "danseres" met haar onbeskryflike krag laat 'n verwoestende gevolg agter wat mens nooit kan vergeet nie. Die atoombom word soms beskryf as die god van die wetenskap!
Sy sak van die dak af en gaan kniel op die verhoog. Sy lê met haar kop tussen haar kniee, in onbeskryflike stilte. Dan begin die oorverdowende "musiek" speel, sy lig haar kop op en begin stadig opstaan. Haar rooi lig verblind die oe van haar gehoor. Sodra sy regop staan sprei sy stadig haar arms oop. Die klank wat by haar mond uitkom is oorverdowend. Sy raak alles in 'n radius van ongeveer 2km om haar en ent hul in met haar ewige gif. Die kraakgeluid van die aarde en die geskreeu van die mens word deel van haar groot simfonie. Niemand kan hul ore toedruk nie, niemand kan wegkruip vir haar arms nie. Sy se: "Laat daar verwoesting wees!" En verwoesting jaag soos ruiters op rooi perde oor die bewende aarde. Sy maak oogkontak met haar hele gehoor en vang elkeen vas in die greep van haar betowering.
Sodra haar vertoning verby is, is daar weer die oorverdowende stilte. Sy verdwyn skielik sonder enige berou. Sonder enige belydenis van "My God, what have I done?". Niks is na haar optrede ooit weer dieselfde nie.
Wat maak ek en jy wanneer die atoombom in ons lewens ontplof? Wanneer sy eendag besluit om ons lewens te gebruik vir die verhoog van haar optrede? Sy kom in die vorm van iets wat iemand se, iets wat gebeur, seer, teleurstelling, verwerping, mislukking, dood, angs ens. ens. ens. Sy kom ongenooid en haar invloed is onvermydelik, onbeskryflik en ewigdurend.
Die atoombom Little boy tree op 6 Augustus 1945 op op die verhoog Hiroshima, maar die klavier speel vandag nog...! (Vervolg)

Wednesday, August 5, 2009

What if the scientist wants to paint?


Daar bestaan basies twee tipes mense: Die wetenskaplikes wat bewyse en formules vir alles soek, en die kunstenaar wat hul nie so erg steur aan bewyse en formules nie.

Die wetenskaplike bevraagteken alle dinge. Sodra iets nie logies deur 'n formule bewys kan word nie, is dit doodeenvoudig net nie waar nie. Die wetenskaplike kyk nie sy soeke na bewyse ignoreer of onderdruk nie, want dan is hy fake en jok vir almal om hom.

Die kunstenaar fokus eerder op die eindproduk. Ja, biejtie wetenskap is ook nodig in die kuns, maar wetenskap is glad nie die hooffokus in die kuns nie. Kunstenaars vat dinge soos dit is. Hulle fokus op die verbeelding en op die mooi. Dinge word nie so diep ondersoek of bevraagteken nie, want dit is net onnodig om as kunstenaar jou op te hou met soeke na bewyse en formules.

So, hoe verf 'n wetenskaplike? Wat moet die wetenskaplike doen as hy ook soms net op die mooi en op die geheel wil fokus? Hoe skuif hy sy kritiese, ondersoekende denke eenkant? Hoe ignoreer hy die vrae wat hom so haunt?

What if the scientist wants to paint????

Wednesday, July 29, 2009

If I wrote a note to God....

Ek wil iets baie kort met julle deel.  Ek kyk nou die dag 'n episode van Oprah (btw, ons mis nie 'n episode nie:  Oprah en Hubly is soos boude!!).  Op hierdie spesifieke episode het 'n meisie 'n liedjie gesing met die woorde:  "If I wrote a note to God."

Wow!  Hoe sal dit wees as jy en ek actually 'n briefie vir God kan skryf?  As jy een kans het om vir Hom 'n briefie te stuur, wat sal jy se?  Wel, daar is seker nie genoeg papier op aarde as ek die kans kry om vir Hom een briefie te stuur nie.  Wat sal jy se as jy vir Hom kan skryf?

Watse tipe briefie sal dit wees?  'n Liefdesbrief?  'n Versoek? 'n Formele of informele brief? 'n Vriendskaplike brief? 'n Brief vol klagtes?  'n Brief vol vrae? 'n Dagvaardiging?  'n Rekening?  'n Uitnodiging?  'n Sieknota?  'n Bedankingsbrief?.......

Dis nogal iets om oor te dink.  So, as jy een briefie vir Hom kan stuur, een nota vir Hom kan skryf....wat sal jy se? 


Wednesday, July 15, 2009

"Some just HAVE to know...."


Uiteindelik! Weer tyd om al my gedagtes te share. Ek was die afgelope tyd besig om strawberries te pluk, maar nous ek terug met baie nuwe kleipot-stukke. Ons was so paar dae gelede op 'n uitreik. Een van ons daaglikse aktiwiteite in die oggend was die poppekas wat ons vir die kindertjies gehou het. Iets by hierdie poppekas het my baie laat dink. Daar was 'n paar kinderjties wat met alle mag en krag hul bes sou doen om agter die poppekas in te kom, net om te sien of hierdie poppie real is en of dit dalk deur iemand beheer word.


Dit het my net laat besef hoe ek, en dalk jy ook, baie keer met alles in ons sal probeer om agter die poppekas in te kom. Ons wil weet of ons geluk, ons sukses, ons verhoudings, ons God en selfs ons realiteit "real" is. Is dit real of word ons nie dalk mislei nie?


En eendag kry ons dit reg om agter die poppekas in te kyk. En soms tref 'n verskriklike teleurstelling ons dan. Ons het vermoed daar is 'n hand agter die poppekas, maar noudat ons die hand gesien het, tuimel ons fantasie-wereld ineen. Wat doen mens nadat jy agter die poppekas ingekyk het? Is dit werklik 'n teleurstelling? Of is dit 'n groeiproses?


Een troos wat ons kry wanneer ons agter die poppekas inkyk, is dat daar iemand is wat steeds die moeite doen om agter 'n poppekas 'n pop te gebruik om my en jou ten minste vir 'n rukkie lank na ons fantasie-wereld te neem om daar rond te baljaar. Dit laat ons die goeie van die wereld sien en help ons om te glo in die goedheid van mense.

En om agter hierdie poppekas in te kyk, is nie altyd 'n teleurstelling nie. Die maak die poppie nie unreal nie want die poppie is steeds daar, maar ons leer net meer van die poppie en daarom glo ek dit is meer 'n groeiproses en 'n beter verstaan oor al die dinge waarvoor mens altyd net bewyse soek. Oor die dinge waaroor "some people just have to know"....

Monday, June 8, 2009

"The taste of strawberries...."


Partykeer druk die lewe ons net te erg. Die ring wat ek en jy aan ons vinger moet dra, raak te swaar. Ondraaglik. Jy kom op ‘n punt wat jy net nie meer ‘n tree kan gee nie. Nie meer een keer asem kan haal nie. Ons raak so vasgevang in die swaarkry van die lewe dat ons die eenvoudige goed vergeet. Die klein dingetjies in ons lewens wat die lewe die moeite werd maak, raak verlore. Die swaar dinge raak oorweldigend. Dit maak ons blind vir enige iets anders. Kan jy die smaak van aarbeie onthou? Kan jy net daar waar jou nou is herroep hoe hierdie rooi vruggie proe? Of het jy, soos ek, jou blind gestaar teen die probleme van die lewe en intussen vergeet om ‘n aarbei te proe?

Ons vergeet baie keer om stil te staan en ‘n aarbei te proe, en soms gebeur dit dat jy ‘n aarbei wil proe, maar hom net nie kan vind in die bedding van jou lewe nie. Hy’s daar! Kyk net mooi!

Ons moet dalk meer begin stilstaan by die aarbei-bedding van die lewe, en net bietjie moeite doen om te buk, te pluk en te proe. Soek meer na die aarbeie in die lewe, jy mag dalk selfs een kry met room....
So: "Can you remember the taste of strawberries?"

Tuesday, June 2, 2009

I Believe in You


Net iets klein wat ek wil deel: "I believe in You" - Dit is woorde wat jou hart warm maak as iemand dit vir jou se. Maar dit beteken baie meer. Wanneer ek vir jou se dat ek in jou glo, dan gee ek jou 'n stukkie van myself. Ek gee jou 'n stukkie van my vetroue. Ek sit 'n deeltjie van my in jou hand. Jy het die geleentheid om my baie erg teleur te stel, maar jy het ook die verantwoordelikheid om waarde en geloofwaardigheid te gee aan hierdie stukkie van my wat ek vir jou gee. Dit laat jou ook trots voel en dit gee jou hoop om te weet iemand glo in jou. Hierdie woorde is so moeilik om vir iemand te se, maar dit is ook so mooi om van iemand te hoor. Dit is onselfsugtig.



I don't believe in superstars,
Organic food and foreign cars.
I don't believe the price of gold;
The certainty of growing old.
That right is right and left is wrong,
That north and south can't get along.
That east is east and west is west.And being first is always best.


But I believe in love.
I believe in babies.
I believe in Mom and Dad.
And I believe in you.


Well, I don't believe that heaven waits,
For only those who congregate.
I like to think of God as love:
He's down below, He's up above.
He's watching people everywhere.
He knows who does and doesn't care.
And I'm an ordinary man,
Sometimes I wonder who I am.


But I believe in love.
I believe in music.
I believe in magic.
And I believe in you.


Well, I know with all my certainty,
What's going on with you and me,
Is a good thing.It's true,
I believe in you.


I don't believe virginity,
Is as common as it used to be.
In working days and sleeping nights,
That black is black and white is white.
That Superman and Robin Hood,
Are still alive in Hollywood.
That gasoline's in short supply,
The rising cost of getting by.


But I believe in love.
I believe in old folks.
I believe in children.
I believe in you.


But I believe in love.
I believe in babies.
I believe in Mom and Dad.
And I believe in you.


Dalk moet ons meer vir mense se: I believe in You! (en dit bedoel). En ons moet meer hoor dat mense om ons, en ook God vir ons se: "I believe in You!"

Monday, May 25, 2009

Gereelde Kuiergas

"Almal stel teleur!".....Ek het hierdie woorde al so baie gehoor. Dit vorm deel van sinne in boeke, word die woorde van note in 'n liedjie en word selfs gevorm in die monde van mense. So baie keer en op so baie plekke hoor ons hierdie woorde, maar ons probeer om dit nie te glo nie. Maar wanneer gaan ons ophou om ons eie ervaring te ignoreer?
Ek word so gereeld besoek deur 'n mannetjie met die naam "Teleurstelling". Hierdie ongenooide gas besoek my baie keer deur my drome, doelwitte, vriende en soms self deur God!! En hoe ironies: Hy kom kuier juis op tye wat jy hom nie regtig nodig het nie. Hy kom altyd met 'n pakkie hartseer. Nee, hartseer is 'n understatement! Hy kom ruk jou hart uit jou borskas en skeur dit in twee! (O fok, nou klink ek soos die skrywer van SAW). Maar dit is hoe dit voel. Veral as hy kom van mense wat so close aan jou was. Moet mens net vir eens en altyd aanvaar dat mense jou altyd gaan teleurstel? Maar dit is nie 'n uitweg nie, want dan gaan jy nooit mense kan vertrou nie...
Dalk moet ons aanvaar mense is nie perfek nie. En dalk stel mense jou nie regtig teleur nie, jy het dalk net te veel van hulle verwag. Die belangrikste is dit: Moenie dat mense wat jou teleurstel jou beeld van alle mense vorm nie. Moenie dat een vriend se teleurstellende optrede jou verhouding met alle ander mense in jou lewe beinvloed nie. Bly hoop dat daar iemand in jou lewe is wat jou nooit sal teleurstel nie.
Martin Luther King, Jr. het gese: "We must accept finite disappointment, but never lose infinite hope."
En wanneer God mens teleurstel?.....dis 'n onderwerp vir 'n ander keer.
"Almal stel teleur...".....ek glo dit nie!

Monday, May 11, 2009

Kersvader...


Almal van ons het een of ander tyd geglo in Kersvader. Ons het hierdie idiliese beeld van die lewe en van die wereld gehad. Ons het gedink dat die wereld hier is om ons te entertain en om geskenke aan te dra. Dat die lewe gaan oor mooi liggies, lekker kos en Kersmusiek.
Maar iewers langs die pad het mense, dinge en omstandighede ons gewys dat dit nie so is nie. Ons gewys dat Kersvader nie bestaan nie. Ons almal is een of ander tyd ontnugter uit hierdie droom dat Kersvader bestaan.
Dit laat my dink aan 'n storie wat ek gelees het oor die World Trade Centre. Net na die gebeure van 9/11 het 'n dogtertjie (4jr) met haar sussie (7jr) gestry oor die oorsaak van hierdie groot tragedie. Die dogtertjie van 4 het vas geglo dat dit 'n ongeluk was en dat die mense net mooier moes kyk waar hulle gevlieg het. Haar sussie (7jr) het vir haar gese dat dit nie 'n ongeluk was nie, maar dat die mense beplan het om in die geboue in te vlieg. Dit het die dogtertjie van 4 baie ontstel en dit alles het 'n groot gestryery tussen die twee dogtertjies veroorsaak. Iewers tussen die ouderdom van 7 en 4 het die dogtertjie van 7jr besef dat Kersvader nie bestaan nie.
Moet ons vandag nog glo in 'n Kersvader?