Monday, September 14, 2009

Die Danseres van Verwoesting (Vervolg)



Jammer dat dit so bietjie lank gevat het, maar hier is die vervolg van "Die Danseres van Verwoesting"...
Die atoombom Little boy tree op 6 Augustus 1945 op op die verhoog Hiroshima, maar die klavier speel vandag nog...! Dis 'n ware verhaal. Hierdie klavier het bly staan deur die ontploffing. Die klavier is so erg deur die ontploffing geraak dat glastukke in die hout ingegraveer is, maar die klavier speel vandag nog. Hierdie klavier word by die herdenkinge van Hiroshima en 9/11 gespeel en het die simbool van hoop en vrede in die wêreld geword. Ek en jy word beleef ook atoombomervarings in ons lewens. Daar gebeur dinge met ons wat ons tot in ons diepste wese skud en wat dit laat voel asof alles tot niet en vernietig is.
Dit is belangrik vir jou en my om iets te hê waaraan ons kan vashou wanneer so 'n atoombom ons lewens tref. Iets moet, soos die klavier, in ons lewens bly staan na die ontploffing. Iets moet ons simbool van hoop en vrede word. Wat ookal dit is, ons moet sorg dat dit wat ons laat staande bly, in God gegrond is. Dat ons klavier/simbool van hoop en vrede iets is wat deur God gemotiveer word.
So, wat is jou klavier wat staande bly deur die atoombomervarings van die lewe???