Monday, May 11, 2009

Kersvader...


Almal van ons het een of ander tyd geglo in Kersvader. Ons het hierdie idiliese beeld van die lewe en van die wereld gehad. Ons het gedink dat die wereld hier is om ons te entertain en om geskenke aan te dra. Dat die lewe gaan oor mooi liggies, lekker kos en Kersmusiek.
Maar iewers langs die pad het mense, dinge en omstandighede ons gewys dat dit nie so is nie. Ons gewys dat Kersvader nie bestaan nie. Ons almal is een of ander tyd ontnugter uit hierdie droom dat Kersvader bestaan.
Dit laat my dink aan 'n storie wat ek gelees het oor die World Trade Centre. Net na die gebeure van 9/11 het 'n dogtertjie (4jr) met haar sussie (7jr) gestry oor die oorsaak van hierdie groot tragedie. Die dogtertjie van 4 het vas geglo dat dit 'n ongeluk was en dat die mense net mooier moes kyk waar hulle gevlieg het. Haar sussie (7jr) het vir haar gese dat dit nie 'n ongeluk was nie, maar dat die mense beplan het om in die geboue in te vlieg. Dit het die dogtertjie van 4 baie ontstel en dit alles het 'n groot gestryery tussen die twee dogtertjies veroorsaak. Iewers tussen die ouderdom van 7 en 4 het die dogtertjie van 7jr besef dat Kersvader nie bestaan nie.
Moet ons vandag nog glo in 'n Kersvader?

8 comments:

  1. Ek dink ons wil almal soos die 4jarige sussie wees en naÏef bly net sodat die lewe ons nie omwaai nie. So ons almal skep maar vir ons denkbeeldige kersvaders net sodat ons nie hoop verloor nie. Hierdie kersvader is 'n mens se hoop. Dalk is dit dan bitter belangrik (vir jouself)om in ('n) kersvader te glo...

    ReplyDelete
  2. Wel ek het nog nooit geglo in die Kersvader nie, my ouers het dalk net nie goed genoeg gejok nie. Dit was altyd weird vir my dat die bure oom geskenke bring en hy so snaaks aangetrek is, en dan moet ek op sy skoot sit. Jig sulke laat my ook maar wonder. Ek is `n realis en ek verkies dit so. Ek haat dit om te jok en dis presies wat die mense gedoen het. Dit is lekker om te droom en ek doen dit gereeld maar ek glo nie mens moet in `n fantasie lewe nie. Dis seker `n baie wereldse siening, maar ek try in die wereld wees maar die van die wereld. Die wereld het die Kersvader karakter geskep en met goue lyntjies omlyn. Mense moet die Jesus in ander mense sien, en ook die Jesus vir ander mense wees. Ek het dit deesdae beleef dat mense om my Jesus is. Ekt great vriende wat my dra en ondersteun en my liefhet sonder enige voorwaardes. Dis hoe ek die wereld wil aanpak, met liefde, sonder voorwaarde.
    Dis lekker om aan `n die Kersvader vas te hou maar in die wereld is Kersvader ook maar het `n skynbeeld, hy bestaan nie, dan beteken dit seker dat dit net illusie is. Ek wil soos `n kind glo en sien maar kinders sien die ware ding dis groot mense wat vir hul die illusie skep. My boetie se dogtertjie sal reguit sê, shoe maar jys vet. Sy bedoel dit nie lelik nie sys net eerlik en opreg, sy sal steeds jou beste maatjie wees al is jy vet. Dis hoe ek wil wees....

    ReplyDelete
  3. Fourie, ek weet nie.Dalk bestaan kersvader,maar hys nie n vet mannetjie met n rooi jas en wit baard nie.Hys dalk n sad, vuil en stink mannetjie wat met n pakkie trane by jou lewe se koorsteen inkruip.Dalk verwag ons ons te veel geluk van d lewe.Te idilies..

    ReplyDelete
  4. Is dit nie hartseer hoe die kersboom se liggies kan brand, almal kersliedere kan sing en die geskenke nog onder die boom kan lê, maar as Kersvader self nie opdaag nie, val die feesvieringe plat? Hoekom kan dit goed gaan met ‘n mens, maar as daar die slag iets skeefloop verloor jy alle hoop?

    ‘n Ballon kan kleurvol en groot geswel wees, maar dit vat net een klein prikkie van ‘n naald om dit flenters op die grond te laat lê. Mense is broos en moet met soveel sorg behandel word…

    Sal dit nie amazing wees as elkeen van ons besluit om iemand anders se ballon met helium te vul sodat die persoon kan sweef waar die naald nie kan bykom nie? Die plukke aan die ballon se tou, ruk hom nog. . . maar hy sal nie bars nie.

    Is die beste manier nie om te aanvaar dat ons nie meer in Kersvader kan glo nie. . .mens moet die realiteite van die lewe face en daarmee deal. Maar wat as jy vir iemand kan wys dat die kersboom se liggies wel nog helder brand? Dalk sien jy dit dan self weer raak en kan jy ‘n sprankie van die vertroue wat ‘n 4-jarige kind het weer ervaar.

    ReplyDelete
  5. Ek kon duidelik agter kom dat jy baie passievol is oor die blog en dis vir my great!!! Dinge het somme vurig geraak toe ons daaroor gesels...hahaha
    Ek begryp helemal wat jy bedoel en ek weet dat mens sekerlik die idiliese wêreld moet hê want ek sou dit defnitief nie kon handle om die wêreld altyd te sien soos ek dit nou sien nie.
    Iewers diep wens elkeen dat daar diè lewe bestaan maar dit doen nie. Ek het STEEDS `n stukkie van "Kersvader" en hou dit naby sodat niemand dit kan breek nie, maar soos ek hom naby druk voel ek hy is weg. Try myself 'fool' maar dit werk nie.
    Die wêreld wat ons nou sien is tog deur God gemaak... En dit voel soms of Hy sooooo lank terug gesê het: "...en dit is goed...", maar Hy het dit gesê en ek sien dit tog soms raak as ek op `n plek is waar ek net kan wees, niks verwagtinge, niks (human) judgement, net die trampoline, die snoesige bed, die voete in die sand...

    ReplyDelete
  6. O.k, ek het aanvaar dat Kersvader nie bestaan nie. Maar dit beteken nie dat Kersfees nie bestaan nie. Jy kan steeds gelukkig wees in die wereld en geluk vind ten spyte van alles wat gebeur. Vergeef die wereld omdat hy nie perfek is nie. Maar erken sy potensiaal om geluk te bevat want jy het baie lank terug wel geglo dat Kersvader bestaan. Almal het die reg om dit vir 'n tyd lank te glo en daarom sal ek eendag vir my kinders vertel van die vet oompie met die wit baard en rooi jas wat vir jou geskenke bring...

    ReplyDelete
  7. op 'n ligter noot, daar was een maal, toe ek klein was, in Menlyn, 'n swart man in 'n Kersvader uitrusting. die volgende week was daar 'n wit man. Nou hoe moes my pa dit verduidelik?
    Toe laat hy maar die aap uit die mou...

    ReplyDelete