Monday, May 25, 2009

Gereelde Kuiergas

"Almal stel teleur!".....Ek het hierdie woorde al so baie gehoor. Dit vorm deel van sinne in boeke, word die woorde van note in 'n liedjie en word selfs gevorm in die monde van mense. So baie keer en op so baie plekke hoor ons hierdie woorde, maar ons probeer om dit nie te glo nie. Maar wanneer gaan ons ophou om ons eie ervaring te ignoreer?
Ek word so gereeld besoek deur 'n mannetjie met die naam "Teleurstelling". Hierdie ongenooide gas besoek my baie keer deur my drome, doelwitte, vriende en soms self deur God!! En hoe ironies: Hy kom kuier juis op tye wat jy hom nie regtig nodig het nie. Hy kom altyd met 'n pakkie hartseer. Nee, hartseer is 'n understatement! Hy kom ruk jou hart uit jou borskas en skeur dit in twee! (O fok, nou klink ek soos die skrywer van SAW). Maar dit is hoe dit voel. Veral as hy kom van mense wat so close aan jou was. Moet mens net vir eens en altyd aanvaar dat mense jou altyd gaan teleurstel? Maar dit is nie 'n uitweg nie, want dan gaan jy nooit mense kan vertrou nie...
Dalk moet ons aanvaar mense is nie perfek nie. En dalk stel mense jou nie regtig teleur nie, jy het dalk net te veel van hulle verwag. Die belangrikste is dit: Moenie dat mense wat jou teleurstel jou beeld van alle mense vorm nie. Moenie dat een vriend se teleurstellende optrede jou verhouding met alle ander mense in jou lewe beinvloed nie. Bly hoop dat daar iemand in jou lewe is wat jou nooit sal teleurstel nie.
Martin Luther King, Jr. het gese: "We must accept finite disappointment, but never lose infinite hope."
En wanneer God mens teleurstel?.....dis 'n onderwerp vir 'n ander keer.
"Almal stel teleur...".....ek glo dit nie!

7 comments:

  1. Mense het baie die siening dat hulle nooit weer enige iemand kan vertrou na onophoudelike teleurstellings. . . maar soos jy se, dit moenie jou beeld afbreek van aner mense nie. . .maar as human race is ons so genuigd om dit te doen. . .dit is hoe ons bruin funksioneer. maar hartseer. . .pyn. . . teleurstelings. . . verlede, is n toets tot jou karakter , jou mens wees, jou persoonlikheid. . .maar hierdie goed ruk ons so erg partykeer dat jy die mense wat vir jou omgee wegstoot en niemand ooit weer vertrou nie. . . .jy val partykeer in n donker gat van wanhoop, pynlike dinge en jou donker verlede van jou gebroke liggaam. . . daar is altyd n hand wat uitruik om jou te red. . .n vriend. . . maar deur jou teleurstellings weier jy om daai hand te gryp en val in daardie gat. . . maar moenie jouself so afbreek ni. . .moenie jou karakter so teleurstel nie. . . gryp na daardie hand wat jou wil red uit daardie donker gat en wees die beter mens. . . moenie daai satisfaksie aan die ander persoon gee nie, jy val presies in sy trap,. wees die sterker mens. . . wees die pynlose mens!

    ReplyDelete
  2. Ek gaan baie eerlik wees. Toe ek sien wat die tema van die nuwe blog-post is, was my reaksie om dadelik . . .uhm, wel. . . mens kan amper sê “teleurgesteld” te voel. Maar hoe meer ek gelees het, hoe meer het die teleurstellingsmannetjie by my deur opsy gestaan om plek te maak vir Mr. PS. Ek wou hom nog innooi toe hy sommer self inbars met die woorde: “ ‘Almal stel teleur’….ek glo dit nie!”

    Mr. PS het my laat besef dat hy juis welkom voel by mense wat min verwag en hulle medemens die voordeel van die twyfel gee. Mense wat ten spyte van teleurstelling nog hoop en vertrou. Dis soms. . .ok, meeste van die tyd. . .moeilik, maar as mens jou deur vir almal sluit gaan mens hom dalk ook wegwys. Mag daar nog baie Pleasant Surprises met pakkies geluk aan jou deur kom klop!

    ReplyDelete
  3. Ek wonder hoeveel keer stel ons mense teleur sonder dat ons enigsins bewus was daarvan....
    Jou prioriteite en iemand anders s'n verskil nie gewoonlik nie, dit verskil altyd en teleurstelling (dink ek) het baie te doen met prioriteite wat nie (volgens jou) die nodige aandag en vertroeteling gekry het nie. Maar mens kan boo en baa soos jy wil en slim redes daarvoor uitdink maar teleurstelling maak seer, BAIE BAIE seer!! Dit gaan seermaak, weet dit maar, maak nou nie saak hoeveel ons dit probeer weg verduidelik nie.
    Ek dink ons moet net ALTYD mooi dink voordat ons daardie pyn in veroordeling instort. Maak seker hoeveel van die teleurstelling is jou eie skuld! Onthou (weereens, DINK EK) dis okay om seer te kry en seer te wees, ons is mense... Stukkende, klein, gebroke mense...
    GOD WEET....

    ReplyDelete
  4. This comment has been removed by the author.

    ReplyDelete
  5. Almal stel teleur en teleurstellings is om elke hoek en draai. Wel ons is immers mense en ek vir een het baie foute.
    Soos wat Rohann sê is dit oor hoe jy dit hanteer, elkeen het sy eie opinies en dit maak dat hoe mens dit ervaar vir elkeen uniek.
    Ek dink ook honesty is the best policy, maak nie saak wat die situasie nie, wonde word weer gesond maar die verloor van iemand is vir ewig.
    Sê wat jy moet sê al kry jy seer of maak jy seer. Dit kan mense nader aan jou trek of wel weg stoot. On sis niemand alleen in die spelletjie nie daarom voel ek vat `n kans. Mens is net mens en ons kan vergewe en vergeet...

    ReplyDelete
  6. Ek dink die 2 grootste oorsake van teleurstellings is kompetisie en jaloese. Mense gun ander mense niks nie. Mense is heeltyd in kompetisie en sal selfs op ander trap om bo uit te kom. Of dit nou jou vriend is of nie. Dit is asof die lewe een groot spel is van kompetisie in terme van populariteit, prestasies, betrokkenheid ens. En as jy net jou rug draai, dan gebruik mense jou as 'n trappie om hoër te kom. Hoekom? Hoekom kan ons mekaar niks gun nie? Al wat hierdie kompetisie en jaloesie veroorsaak is dat mense jou teleurstel. Mense op wie jy vertrou het, gebruik jou nou net as 'n trappie. Ons moet ophou om die heeltyd te probeer bewys dat ons beter is as ander. As jy iets met my wil deel wat jou opgewonde maak, asb doen!! Maar as jy iets met my wil deel om jou beter te laat voel oor jouself, of om iets te probeer bewys....hou jou mond! Jy beeld net jou onvolwassenheid uit!

    ReplyDelete
  7. Maar weereens moet ek byvoeg: "Almal stel teleur"....ek glo dit steeds nie!

    ReplyDelete