Wednesday, August 19, 2009

Die danseres van verwoesting!

Die atoombom is iets wat my nog altyd gefasineer het. Hierdie "danseres" met haar onbeskryflike krag laat 'n verwoestende gevolg agter wat mens nooit kan vergeet nie. Die atoombom word soms beskryf as die god van die wetenskap!
Sy sak van die dak af en gaan kniel op die verhoog. Sy lĂȘ met haar kop tussen haar kniee, in onbeskryflike stilte. Dan begin die oorverdowende "musiek" speel, sy lig haar kop op en begin stadig opstaan. Haar rooi lig verblind die oe van haar gehoor. Sodra sy regop staan sprei sy stadig haar arms oop. Die klank wat by haar mond uitkom is oorverdowend. Sy raak alles in 'n radius van ongeveer 2km om haar en ent hul in met haar ewige gif. Die kraakgeluid van die aarde en die geskreeu van die mens word deel van haar groot simfonie. Niemand kan hul ore toedruk nie, niemand kan wegkruip vir haar arms nie. Sy se: "Laat daar verwoesting wees!" En verwoesting jaag soos ruiters op rooi perde oor die bewende aarde. Sy maak oogkontak met haar hele gehoor en vang elkeen vas in die greep van haar betowering.
Sodra haar vertoning verby is, is daar weer die oorverdowende stilte. Sy verdwyn skielik sonder enige berou. Sonder enige belydenis van "My God, what have I done?". Niks is na haar optrede ooit weer dieselfde nie.
Wat maak ek en jy wanneer die atoombom in ons lewens ontplof? Wanneer sy eendag besluit om ons lewens te gebruik vir die verhoog van haar optrede? Sy kom in die vorm van iets wat iemand se, iets wat gebeur, seer, teleurstelling, verwerping, mislukking, dood, angs ens. ens. ens. Sy kom ongenooid en haar invloed is onvermydelik, onbeskryflik en ewigdurend.
Die atoombom Little boy tree op 6 Augustus 1945 op op die verhoog Hiroshima, maar die klavier speel vandag nog...! (Vervolg)

Wednesday, August 5, 2009

What if the scientist wants to paint?


Daar bestaan basies twee tipes mense: Die wetenskaplikes wat bewyse en formules vir alles soek, en die kunstenaar wat hul nie so erg steur aan bewyse en formules nie.

Die wetenskaplike bevraagteken alle dinge. Sodra iets nie logies deur 'n formule bewys kan word nie, is dit doodeenvoudig net nie waar nie. Die wetenskaplike kyk nie sy soeke na bewyse ignoreer of onderdruk nie, want dan is hy fake en jok vir almal om hom.

Die kunstenaar fokus eerder op die eindproduk. Ja, biejtie wetenskap is ook nodig in die kuns, maar wetenskap is glad nie die hooffokus in die kuns nie. Kunstenaars vat dinge soos dit is. Hulle fokus op die verbeelding en op die mooi. Dinge word nie so diep ondersoek of bevraagteken nie, want dit is net onnodig om as kunstenaar jou op te hou met soeke na bewyse en formules.

So, hoe verf 'n wetenskaplike? Wat moet die wetenskaplike doen as hy ook soms net op die mooi en op die geheel wil fokus? Hoe skuif hy sy kritiese, ondersoekende denke eenkant? Hoe ignoreer hy die vrae wat hom so haunt?

What if the scientist wants to paint????