Wednesday, July 15, 2009

"Some just HAVE to know...."


Uiteindelik! Weer tyd om al my gedagtes te share. Ek was die afgelope tyd besig om strawberries te pluk, maar nous ek terug met baie nuwe kleipot-stukke. Ons was so paar dae gelede op 'n uitreik. Een van ons daaglikse aktiwiteite in die oggend was die poppekas wat ons vir die kindertjies gehou het. Iets by hierdie poppekas het my baie laat dink. Daar was 'n paar kinderjties wat met alle mag en krag hul bes sou doen om agter die poppekas in te kom, net om te sien of hierdie poppie real is en of dit dalk deur iemand beheer word.


Dit het my net laat besef hoe ek, en dalk jy ook, baie keer met alles in ons sal probeer om agter die poppekas in te kom. Ons wil weet of ons geluk, ons sukses, ons verhoudings, ons God en selfs ons realiteit "real" is. Is dit real of word ons nie dalk mislei nie?


En eendag kry ons dit reg om agter die poppekas in te kyk. En soms tref 'n verskriklike teleurstelling ons dan. Ons het vermoed daar is 'n hand agter die poppekas, maar noudat ons die hand gesien het, tuimel ons fantasie-wereld ineen. Wat doen mens nadat jy agter die poppekas ingekyk het? Is dit werklik 'n teleurstelling? Of is dit 'n groeiproses?


Een troos wat ons kry wanneer ons agter die poppekas inkyk, is dat daar iemand is wat steeds die moeite doen om agter 'n poppekas 'n pop te gebruik om my en jou ten minste vir 'n rukkie lank na ons fantasie-wereld te neem om daar rond te baljaar. Dit laat ons die goeie van die wereld sien en help ons om te glo in die goedheid van mense.

En om agter hierdie poppekas in te kyk, is nie altyd 'n teleurstelling nie. Die maak die poppie nie unreal nie want die poppie is steeds daar, maar ons leer net meer van die poppie en daarom glo ek dit is meer 'n groeiproses en 'n beter verstaan oor al die dinge waarvoor mens altyd net bewyse soek. Oor die dinge waaroor "some people just have to know"....

1 comment:

  1. Okay okay...
    Ek is een van die mense wat moet weet. Die slegte ding van dit is dat ek nie kan sien wie die hand is nie dan maak ek een op of ek 'sien' iemand. Als moet mos altyd 'n rede hĂȘ of iemand moet verantwoordelik wees daarvoor.
    Wel ek glo dis goed om dinge te bevraagteken en ek wetie van jou nie maar dis soms nogal lekker om die puzzle agter die hele ding te probeer uifigure. Alhoewel ek soms te ver gaan en dinge insien wat nie daar is nie, is die avontuur om agter die gordyn in te sien nogal vir my 'n persoonlike beter-leer-ken kurwe.
    Daar kom seker ook tye en dinge waar dit beter is om dit net te los en net soos 'n 3 jarige die poppekas te geniet, saam te sing en te lag vir die kat se snaakse meeaw...
    Tog bly my nuuskierige kant honger...

    ReplyDelete