Wednesday, August 5, 2009

What if the scientist wants to paint?


Daar bestaan basies twee tipes mense: Die wetenskaplikes wat bewyse en formules vir alles soek, en die kunstenaar wat hul nie so erg steur aan bewyse en formules nie.

Die wetenskaplike bevraagteken alle dinge. Sodra iets nie logies deur 'n formule bewys kan word nie, is dit doodeenvoudig net nie waar nie. Die wetenskaplike kyk nie sy soeke na bewyse ignoreer of onderdruk nie, want dan is hy fake en jok vir almal om hom.

Die kunstenaar fokus eerder op die eindproduk. Ja, biejtie wetenskap is ook nodig in die kuns, maar wetenskap is glad nie die hooffokus in die kuns nie. Kunstenaars vat dinge soos dit is. Hulle fokus op die verbeelding en op die mooi. Dinge word nie so diep ondersoek of bevraagteken nie, want dit is net onnodig om as kunstenaar jou op te hou met soeke na bewyse en formules.

So, hoe verf 'n wetenskaplike? Wat moet die wetenskaplike doen as hy ook soms net op die mooi en op die geheel wil fokus? Hoe skuif hy sy kritiese, ondersoekende denke eenkant? Hoe ignoreer hy die vrae wat hom so haunt?

What if the scientist wants to paint????

5 comments:

  1. Aih tog Coen dis mos nou 'n moeilike een! Ek dink wetenskaplik na oor goed. Ek is baie lief vir kunswerke en as ek kon sou ek ook graag wou skilder. Die twee moet verweef met mekaar en 'n goeie balans vorm. As die een die ander oorheers gaan dit uiteindelik jou gedagtes oorneem. As jy te wetenskaplik gaan raak gaan jy nie meer die mooi in die lewe kan raaksien nie. As jy te kunstig is, gaan jy nie meer weet wat realiteit is nie. Dalk is logika 'n weg maar laat ek dan Anton Rupert aanhaal wat gesê het: as jy nie in wonderwerke glo nie is jy nie 'n realis nie!
    Die wetenskap kan nie alles bewys nie al dink hulle so. Kyk 'n slag na The Oxford Muders dit wys mens maar net dat nie alles in vaste formules beweeg nie!


    Dankie vir die blog dit het my bietjie laat dink. Dit wat ek geskryf het maak dalk geen sin nie.

    Gee daai wetenskaplike 'n kwas!

    ReplyDelete
  2. Om diep te dink en altyd te soek vir antwoorde maak nie dat ‘n mens nie die mooi in die lewe kan raaksien en dit net kan waardeer vir wat dit is nie. Ek dink eintlik dit is nodig om dieper oor dinge na te dink, juis om te besef hoe besonders dit wat mooi is werklik is.

    Dis eers wanneer ‘n mens besef hoe maklik dinge verkeerd kon geloop het, hoe maklik die wêreld uitmekaar kan val of hoe broos verhoudings regtig is, dat ‘n mens die areas van jou lewe waarin jy geseën is, meer kan appreciate. As jy alles net as vanselfsprekend aanvaar, gaan die mooi dinge in die lewe net verby jou gaan.

    Soms is dit ook nodig om te verstaan hoe die “wetenskap” werk voor ‘n mens “kuns” kan create. Wanneer jy byvoorbeeld jou eie menswees heeltemal verstaan, is jy beter instaat daartoe om goeie verhoudings met ander te hê. Leonardo Da Vinci staan nie verniet bekend as “a man of both worlds” nie. Hy het op ‘n letterlike manier kuns en wetenskap bymekaar gebring om masterpieces te skep. Net so moet ons ook ‘n dieper begrip oor die lewe hê om ons lewensstories masterpieces te maak. Dit is soos da Vinci self gesê het : “Blinding ignorance does mislead us. O! Wretched mortals, open your eyes!”

    ReplyDelete
  3. Net nog een ding. . .

    as ons kunstige wetenskaplikes wil wees, moet ons soektog na antwoorde nie gedryf word deur agterdog nie, want dit is gewaarborg om vlekke op ons kunswerke te maak. Ons moet eerder uit nuuskierigheid en 'n wil om te leer na antwoorde soek. . .so sal 'n mens altyd nog ietsie besonders en mooi ontdek :)

    ReplyDelete
  4. Wow julle gee sulke diep oor dinkte antwoorde.. nes wetenskaplikes.

    Ek aan die ander kant is 'n kunstenaar. Ek create nou nog nie masterpieces nie maar in my gedagtes is hulle daar. Soos Inge en Jack half sê moet daar balans wees tussen die twee. Wetenskaplike en kunstenaar wees is iets wat tyd vat om aan te leer. Ek belowe jou selfs die konings van albei velde is het nie oor nag die balans ontdek nie.

    Ek sukkel self met die balans want diep binne is daar ook die wetenskaplike wat moet kos kry, maar by my is dit die een of die ander. Hulle wil nie om dieselfde tafel sit nie. Dis iets wat ek nog moet ontdek en ontwikkel.

    "What if the scientist wants to paint???"
    Wel ek kan nou nie die antwoord gee nie want ek weet self nie.. maar iets wat ek wel kan sê is,blinddoek die scientist en gee vir hom 'n kwas en palette vol reënboog kleure.
    Begin iewers en explore die onbekende. Haal die bril af van vrae vra en begin met die ontdekking. Ek sê geblinddoek want dan kan jy nie bevraagteken wat jy skilder nie. Na die tyd kan jy krities na jou 'masterpiece' kyk en sien waar moet jy verbeter...

    ReplyDelete
  5. Its not the medium, but the passion. Die mechanic wat 'n V8 oor gedoen het en brullend die straat af ry gaan die selfde bewondering vir sy "kunswerk" hê. Dit is net ons mensdom wat so graag soos mekaar wil wees en mekaar wil beïndruk dat ons onself weerhou van dit waarvan ons hou. Doen waarvan jy hou en doen dit voluit!

    ReplyDelete