Wednesday, August 19, 2009

Die danseres van verwoesting!

Die atoombom is iets wat my nog altyd gefasineer het. Hierdie "danseres" met haar onbeskryflike krag laat 'n verwoestende gevolg agter wat mens nooit kan vergeet nie. Die atoombom word soms beskryf as die god van die wetenskap!
Sy sak van die dak af en gaan kniel op die verhoog. Sy lê met haar kop tussen haar kniee, in onbeskryflike stilte. Dan begin die oorverdowende "musiek" speel, sy lig haar kop op en begin stadig opstaan. Haar rooi lig verblind die oe van haar gehoor. Sodra sy regop staan sprei sy stadig haar arms oop. Die klank wat by haar mond uitkom is oorverdowend. Sy raak alles in 'n radius van ongeveer 2km om haar en ent hul in met haar ewige gif. Die kraakgeluid van die aarde en die geskreeu van die mens word deel van haar groot simfonie. Niemand kan hul ore toedruk nie, niemand kan wegkruip vir haar arms nie. Sy se: "Laat daar verwoesting wees!" En verwoesting jaag soos ruiters op rooi perde oor die bewende aarde. Sy maak oogkontak met haar hele gehoor en vang elkeen vas in die greep van haar betowering.
Sodra haar vertoning verby is, is daar weer die oorverdowende stilte. Sy verdwyn skielik sonder enige berou. Sonder enige belydenis van "My God, what have I done?". Niks is na haar optrede ooit weer dieselfde nie.
Wat maak ek en jy wanneer die atoombom in ons lewens ontplof? Wanneer sy eendag besluit om ons lewens te gebruik vir die verhoog van haar optrede? Sy kom in die vorm van iets wat iemand se, iets wat gebeur, seer, teleurstelling, verwerping, mislukking, dood, angs ens. ens. ens. Sy kom ongenooid en haar invloed is onvermydelik, onbeskryflik en ewigdurend.
Die atoombom Little boy tree op 6 Augustus 1945 op op die verhoog Hiroshima, maar die klavier speel vandag nog...! (Vervolg)

2 comments:

  1. Shoe shoe shoe ... ek het die blog gelove en sit steeds met hoendervleis. Iets wat ek ook nog oor wonder en dink. Sal bmy gedagtes reply om my blog dan kan jy sien wat ek dink.

    Die verwoesting wat gesaai word maak skade tot diep binne waar dinge geruk is, deurmekaar le en soms voel dit of als steeds so gelos is. My gedagte is waar leer mens of kry onderrig in die lewe wat mens leer om dinge nuut te herstel en op die regte plek te sit. Of moet die dinge maar in so mengelmoes bly, is dit so deel van my dat dit naderhand ek geword het, dis nou die major goed waaran mens vashou. Ek weet darem nie of dit God is wat dit doen of toelaat om my te vorm nie. Ek kan nie dink dat Hy my so ramp wou he nie. Ek weet, ek weet hy sien verby dit, maar mense doen nie, ek doen nie. Scary en nogal sad maar dis wie ek is.

    Herstel is maar seker ook proses wat seker nie oornag gebeur nie, dit sou nice wees nie waar nie. My probleem met die proses is waar begin ek, hoe doen ek dit en wat is die volgende stap. Moet mens maar so blindelings aanploeter en dalk meer skade maak as goed.

    Ek sal die saak nog so bietjie moet be-ponder.

    P.S. Like die beelde en beskrywings wat jy gebruik het Coen....GRRRReat!!

    ReplyDelete
  2. Interessant wat die beeld in my wakker maak. Ek gebruik die metafoor as ’n mens wat bevriend raak met ander en dan so stadig soos die bom ontplof en emosionele pyn veroorsaak.
    As dit nou ’n foto was wat deur ’n stelliet afgeneem was dan sou dit baie klein gelyk het. Van vêr af sou dit lyk of die bom klein is, sou mens nie dink dat dit enige iemand skade sou aanrig nie. Wanneer ons by die bom self staan is dit katastrofies. Iets wat ons laat swaarkry laat ander soms wonder hoekom ons so baie van die swaarkry saak maak. Persoonlike swaarkry is nie lig vir enige mens nie. Dit kan deel van ons menswees so vernietig dat ons nooit weer dieselfde sal wees nie. Die grootste bron wat pyn kan aanrig aan mense is die mens self. Daar is buite faktore soos siekte en dood maar die gevolge daarvan is nie soos menslike dade nie. So dans ons ook tussen ander en geniet die dans sonder om te wonder of dit in ritme is met die dans van ander. Die dans is vol eie mag is sy nie? Sy doen net wat sy wil. Sy geniet haarself in haar gloria! Sy het haar eie persepsies van hoe die dans op haar manier gedans word. Dit is vir haar lekker. Mens het natuurlik eie keuse in die lewe. Mens kan ’n dans kies. Ons kan kies of ons saam met ander gaan dans. ’n Liefde volle dans vol hoop wat ander sal aansteek om saam te dans. Aansteek in die genot van goedheid.
    Het sy ’n ander funksie? Nee, ’n bom kan nie goed wees nie omdat sy geprogrammeer is. Die mens is nie geprogrammeer nie. Die wonderlike van alles is dat ons geskape is om ons eie besluite te neem.
    Hierdie is my persepsie van die dans en enige iemand mag van my verskil.
    (As ek van mense praat, dink ek natuurlik aan mede gelowiges.)

    ReplyDelete