Monday, September 14, 2009

Die Danseres van Verwoesting (Vervolg)



Jammer dat dit so bietjie lank gevat het, maar hier is die vervolg van "Die Danseres van Verwoesting"...
Die atoombom Little boy tree op 6 Augustus 1945 op op die verhoog Hiroshima, maar die klavier speel vandag nog...! Dis 'n ware verhaal. Hierdie klavier het bly staan deur die ontploffing. Die klavier is so erg deur die ontploffing geraak dat glastukke in die hout ingegraveer is, maar die klavier speel vandag nog. Hierdie klavier word by die herdenkinge van Hiroshima en 9/11 gespeel en het die simbool van hoop en vrede in die wêreld geword. Ek en jy word beleef ook atoombomervarings in ons lewens. Daar gebeur dinge met ons wat ons tot in ons diepste wese skud en wat dit laat voel asof alles tot niet en vernietig is.
Dit is belangrik vir jou en my om iets te hê waaraan ons kan vashou wanneer so 'n atoombom ons lewens tref. Iets moet, soos die klavier, in ons lewens bly staan na die ontploffing. Iets moet ons simbool van hoop en vrede word. Wat ookal dit is, ons moet sorg dat dit wat ons laat staande bly, in God gegrond is. Dat ons klavier/simbool van hoop en vrede iets is wat deur God gemotiveer word.
So, wat is jou klavier wat staande bly deur die atoombomervarings van die lewe???

2 comments:

  1. Ek het lank met die een gesukkel omdat ek baie met my geloof gesukkel het...
    Wel my ma het die mooi beeld gebruik deur mens se hoop/simbool van hoop deur iets te wees wat in jou boks van die lewe gesit word. As jy die regte ding in die boks sit sal dit nie weg raak of verplaas word met iets anders nie. Dis soms nogal moeilik om die ding te vind wat pas in jou boks en te verseker dit gegrond in God is.
    As dit pas moet jy dit daar hou en dit koester en in die atoombomtye sal die ding in die boks dit oorleefbaar maak.

    ReplyDelete
  2. Dankie Coen, dis 'n stunning metafoor en mooi storie. My klavier is my vrou, koffie,wyn, my drie skaaphonde en God iewers tussen dit alles deur en ingeweef...

    ReplyDelete